- Kontak die nuwe skool alvorens jul verhuis. Handel alle dokumentasie af voor jul die trek aanpak. Oorweeg dit ook om n toer te onderneem van die nuwe skool tesame met jul kind se nuwe onderwyser, dit sal hom/haar n beter gevoel gee van hul nuwe omgewing en meer tuis laat voel.
- Onthou om jul pos adres te verander waar nodig!
- Noodsaaklike dokumentasie van die skool mag verlore gaan in die proses sou u dit nie betyds doen nie.
- Vind uit waar daar kinder vriendelike speelparke ens in jul omgewing is en neem kinders daarheen, dit kan hul help om nuwe maatjies te maak.
- Moenie tot op die nippertjie wag om die verhuising te reel nie, bespreek dit vroegtydig met n betroubare meubelvervoer firma
- Hou alle dokumentasie ten opsigte van kinders bymekaar in n aparte leer, moenie dit net in enige kartondoos plaas nie, dit kan groot verwarring veroorsaak as jul dringend jul hand daarop moet lê.
- Laat elke kind toe om n eie karton met hul spesiale items in te pak, ten tye van aflaai laat hul toe om die karton uit te pak, dit gaan hul deel van die proses laat voel.
- Voor jul vertrek uit die ou omgewing, neem jul kinders na al hul gunsteling plekke om die afskeid makliker te maak.
- Kies helder kleur plakkers en laat u kinders toe om self hul kartonne te merk, dit maak hul weereens deel van die verhuisingsproses en voel hul ingeslote.
- ‘n Laaste stukkie goeie raad, pak jou kinders se kamer eerste uit, as hul rustig is sal jy ook rustig kan asemhaal!